Local newsNewsNews

iOlé! op 20 jaar van Spaanse Dansproduksies

Dié vertoning was weer een vir die boeke. Lees meer...

SASOLBURG. – Die gehoor het Saterdag, 26 Augustus bankvas gesit in die Etienne Rousseau Teater. Die opgewondenheid was groot.

Ouers, grootouers, ooms, tantes en alle ander familie was gereed om hul jong familielede op die verhoog te bewonder.

Die vertoning, iOlé! om Carli Olivier se Spanish Dance Productions se 20ste bestaansjaar te vier het almal op die punte van hul stoele gehad.

Die heel jongste dansertjies het ook hul talente ten toon gestel. Foto: Gerda Bruinette

Van die heel jongste dansertjies in hul kleurvolle Spaanse uitrustings tot by die senior studente en die dansers van Compañía Sophia het harte gesteel.

Die musiek was meesleurend en die jong dansers het hul talent getoon met alles van serpe en handwaaiers tot by kastanjette.

Van die jongstes was bietjie skaam, maar Carli het hul ook oortuig om hul passies uit te voer.

Kleurvolle uitrustings op die maat van polsende Spaanse musiek het die gehoor vasgevang gehou. Foto: Gerda Bruinette

Elke stuk het verras en die kostuums, almal ontwerp en gemaak deur Spaanse danseres, Monique Els het die verhoog in ‘n kaleidoskoop van kleur omskep.

Carli wat al 27 jaar deel is van die internasionale Spanish Dance Society (SDS) is onlangs vereer met ‘n President’s Award van die SDS.

Sy het ook in Junie ‘n toer na Sydney, Australië en Bangkok, Thailand onderneem waar sy by verskeie geleenthede as Spaansedans eksaminator opgetree het.

Carli Olivier ontvang blomme om haar geluk te wens met 20 jaar van Carli se Spanish Dance Productions van Marii Vijoen. Foto: Gerda Bruinette

Olé! het net weer eens bewys waarom die Vaaldriehoek as die mekka van Spaansedans in Suid-Afrika beskou word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button