Kunsstudente se werk by Destinata uitgestal
Die kunsuitstalling word een keer per jaar gehou, waartydens kunsstudente se werk beoordeel word.
MEYERTON. – Werke van kunsstudente van Hettie Hayward-Pretorius se Dreamz Art & Glass Studio is op Saterdagaand 26 Augustus 2023 by Destinata Skool in Meyerton uitgestal.
Die Dreamz Art & Glass Studio se jaarlikse uitstalling word ook gebruik om die werk van gr. 10, gr. 11 en gr.12-leerders wat kuns as agtste vak neem te beoordeel.
Dit sluit leerders van Hoërskool Dr. Malan, Hoërskool Overvaal, Roshnee Secondary School, iTutor, Laerskool Vryheidsmonument en Destinata Skool in.

Volgens Hettie Hayward Pretorius, plaaslike kunsonderwyseres en eienaar van die Dreamz Glass & Art School in Arconpark, bied die uitstalling ook die geleentheid vir jonger kunsstudente om die ouer leerders se kuns te sien en die uitstalling te ervaar.
Bykans 200 mense het vanjaar se uitstalling bygewoon, veel meer as vorige jare.
Die uitstalling was ‘n formele aangeleentheid wat ook ‘n prysuitdeling ingesluit het.
Van die werke wat by vanjaar se uitstalling uitgestaan het is Ava Odendaal se skelbeen-beeldhouwerk.
Ava, wat van gr. 2 af by Hettie se kunsskool klasse neem is nou in matriek en neem visuele kuns, sowel as ontwerp as vakke.
Sy het vir altwee haar uitstallings 98% behaal.

Nadia Mickenautsch, Hettie se beste gr. 10-leerder het ook 98% behaal vir haar uitstallig.
Cateline van der Walt het die beste vordering getoon van gr. 10 na gr. 11 en sy is lief vir navorsing om die beeste weergawe van die kuns uit te beeld.
“Die werke van Ziante en Alyssa, twee gr. 8-leerders wie se tekenvaardigheid op gr. 10-vlak is, het ook beïndruk, en so ook die werk van Liezl, ‘n gr. 5-leerder wie se tekenvaardigheid op gr. 9-vlak is.

Die Dreamz Art & Glass Studio by 15 Zealaan in Arconpark bied kunsklassie aan leerders van gr. 1 tot volwasssenes.
Daar is klasse vir ‘n wye verskeidenheid dissiplines, wat teken, verf, multimedia en beeldhou insluit.
Klasse in pottebakkery is ook beskikbaar en werkswinels word aangebied.
Die Dreamz Art & Glass Studio is tans ook besig om Destinata Skool se muur te verf om leerders die geleentheid te bied om dié medium ook te leer.

