Local newsNews

Een van CW-gebied se slagoffers begrawe

Patrick is eers drie weke na sy dood deur sy broer in die lykshuis gevind en amptelik uitgeken.

 

Byna ‘n maand nadat Patrick Smit (30) na ‘n aanranding in CW2 gesterf het, het sy familie sy liggaam uiteindelik in ‘n plaaslike lykshuis gevind en uitgeken. Hy was die tweede van minstens 5 mense wat die afgelope weke in die CW-gebiede van Vanderbijlpark vermoor is. Nog minstens 6 mense is ernstig aangerand. Dit het gerugte laat ontstaan dat hier ‘n reeksmoordenaar in Vanderbijlpark bedrywig is, hoewel geen verband tussen die moorde en aanrandings tot dusver bepaal kon word nie.
“Ons is dankbaar dat ons Patrick na ‘n wekelange soektog in die lykshuis kon opspoor en hom ‘n behoorlike begrafnis kon gee,” sê sy broer, JJ Smit.
Lees die volledige berig in Vaalweekblad se uitgawe van 8 September, wat van vandag af in plaaslike winkels en kafees beskikbaar is.

Wyle Patrick Smit is verlede Saterdag finaal deur sy familie in Parys gegroet en twee grafte vanaf sy ma se laaste rusplek, begrawe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button