Wedrenseisoen kry die groen vlag
As jy die eerste byeenkoms van die nuwe wedrenseisoen by Ultimate Outlaws in Vereeniging gemis het, kan jy nou al 30 September dagboek, want dan is dit weer sulke tyd.

VEREENIGING. – Petrolkoppe was duidelik uitgehonger vir ovaal renbaan aksie. Die pawiljoene by Ultimate Outlaws by die Vaal-skouterrein was op 2 September lekker volgepak vir die eerste aksie van die nuwe wedrenseisoen toe die Tar Oval Nationals daar gehou was.
En toeskouers was beslis nie telleurgesteld in die die aksie nie. Daar was meer as 100 deelnemers wat mekaar die stryd aangesê het in die stockrods, 1660s en 2L Hotrods-klasse.
Daar was ook twee ondersteunende klasse naamlik die Budweiser 500 National Hotrods en V8-sprintkarre. Laasgenoemde klas het twee uitstekende jaers, Jacques Roos en Andries Marx, terug verwelkom.
Die wendrenne het om 16:00 begin en die pret en opwinding het tot laatnag geduur.
Foto’s: Elsje Vermeulen


Die uitslae is:
2L Hotrods (Nasionaal) – 1. Gavin Botha, 2. Tokkos Joubert (van Ultimate Outlaws) en 3. Conrad du Rand (van Ultimate Outlaws).
1660’s (Nasionaal) – 1. Shane Bromilow, 2. André Pitzer en 3. James van der Merwe.
Stockrods (Nasionaal) – 1. Kyle Joubert, 2. EW Hattingh en 3. Tiaan Joubert.
Hotrods – 1. André Johnson, 2. Jason Loosemore en 3. Amos Cockeram (van Ultimate Outlaws).
Sprints – 1. Jacques Roos (van Ultimate Outlaws), 2. Werner Kotze (van Ultimate Outlaws) en 3. Regard Roets.










