Local newsNewsNews

Help belowende landloopatleet om in Gqeberha te kom

Sy is baie goed met landloop, maar haar ouers beskik ongelukkig nie oor die finansiële middele om die volle koste van die toer by te bring nie.

MEYERTON. – Maruzé Marais, ‘n belowende jong landloop-ster van die Vaaldriehoek, is gekies vir die Vaaldriehoek-landloopspan wat eerskomende naweek aan Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nasionale kampioenskap in Gqeberha gaan deelneem.

Die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskappe vind Saterdag 16 September 2023 by die Nelson Mandela Universiteit in Gqeberha plaas en ‘n handjie vol atlete van die Vaaldriehoek is gekies om teen die land se beste landloopatlete mee te ding.

Maruzé Marais op die podium by AVT se interprovinsiale kampioenskap by die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark. Foto: Annamarie Heyneke

Annake Marais, Maruzé se ma, sê hoewel haar dogter baie goed in landloop doen kan haar ouers ongelukkig nie die reis en onthaalkoste self bybring nie.

“Sy hardloop nou 16 September in Port Elizabeth en ons het gehoop ons kan ‘n borg vir haar kry. Ek ken ongelukkig nie baie plekke wat kan help nie,” sê Annake.

“Ek wil vir almal wat ‘n bydra gemaak het dankie sê. Ons waardeer dit baie,” sê sy.

Mense wat kan help kan vir Annake direk by 079 837 4571 skakel.

Haar bankbesonderhede is as volg:

Rekeninghouer: Mev. A.C.E. Marais

Bank: Capitec

Rekeningnommer: 1617361621

Universele takkode: 470010

Maruzé Marais. Foto: Verskaf
Maruzé Marais. Foto: Annamarie Heyneke

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button