Geen water vanaf 14 September
Maak gereed vir 'n droë naweek in Vanderbijlpark. Lees meer...
VANDERBIJLPARK. – Emfuleni munisipaliteit het laat weet dat water in Vanderbijlpark en omgewing vanaf 14 September tot Maandag, 18 September afgesluit gaan word.
Daar moet herstelwerk gedoen word aan ʼn 1075mm beton klep wat lek.
Nadat die herstelwerk afgehandel is, sal dit ook ʼn paar dae neem vir al die reservoirs om weer vol te loop.
Verbruikers word gevra om vroegtydig water vir huishoudelike gebruik te stoor.
Die munisipaliteit het in ʼn amptelike verklaring gesê dat water tenkers oral beskikbaar sal wees.
Die amptelike tye wanneer die water tenkers beskikbaar sal wees is nog nie bekend nie.
Daar is wel bevestiging ontvang dat skole, hospitale en klinieke vanaf Woensdag water sal kry en dat hul elke dag eerste water sal ontvang.
Die volgende waterpunte is reeds bevestig:
CW1/CW6 NG Moedergemeente by oop spasie naby verkeerslig
CW2 Shell Vulstasie, Becquerelstraat
CW3 Killarney Hotel, Siemens Straat
CW5 Stephenson Spar, Stephensonstraat
CBD/CE1/CE6, Biblioteek in die dorp
CE2/CE3/CE4 Artemis Spar, Evereststraat
CE5 Langs die substasie, hoek van Westinghouse Blvd & Petterstraat
SW1/ SW2/SW5 en Mantevrede by Vaal Mall
SE1/SE2/ SE7 by Palms Mall
Vaalweekblad sal verdere inligting deurlopend verskaf soos dit ontvang word.

