Local newsNewsNews

Geslote baan-televisiekameras in Gauteng kan misdaad help bekamp

Kameras gaan ingespan word om misdaad in die provinsie te bekamp.

Die Gauteng-regering het planne om 20 000 geslote baan-televisiekameras in die volgende drie jaar in Gauteng te installeer.

Die Vryheidsfront Plus meen dit is ‘n regte stap in die bestryding van misdaad. en dat eslote baan-televisiekameras in Gauteng kan misdaad help bekamp.

Kobus Hoffman, Vryheidsfront Plus se lid van die provinsiale wetgewer sê die party is egter nie seker of die polisie die druk kan hanteer weens die onderbeskikking van mannekrag en hulpbronne nie.

Hoffman sê: “Dit is algemeen bekend dat die provinsie nie genoeg mannekrag het om misdaad te bekamp nie. Daar is nie genoeg voertuie, wapens, ammunisie en skryfbehoeftes om polisiebeamptes in hul taak te help om misdaad suksesvol te bekamp nie. Met die installering van die kameras sal daar gewis ? toename wees in sake.”

Die Gauteng-regering beplan om in die 2023/24-boekjaar 6 500 kameras te installeer, in 2024/25 6 500 en in 2025/26 7 000.

Die kameras sal oor die volgende drie finansiële boekjare aan die Wes-Rand, Sedibeng, Ekurhuleni, Johannesburg, Tshwane en Diepsloot by brandpunte aangebring word.

Die eerste fase sal in Ekurhuleni-metro plaasvind waar die eerste 144 kameras teen ‘n bedrag van R16 miljoen geïnstalleer sal word.

Die doel is om veiligheid en sekuriteit in gemeenskappe te verbeter deur die effektiewe monitering van misdaadaktiwiteite.

Volgens Hoffman sal die VF Plus die projek noukeurig volg en die regering verantwoordbaar hou indien die projek nie suksesvol uitgevoer word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button