Local newsNewsNews

Sekretaresses se lekker bederfdag

Nasionale Administratiewe Professionele Dag, ook bekend as Sekreterasse dag is 6 September gevier. Die Sakekamer het hul lede se sekretaresses bederf. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Woensdag, 6 September is wêreldwyd opsy gesit om dankie te sê vir die mense wat die kantore aan die gang hou.

Oorspronklik bekend as Sekretaressedag is die dag se naam in 2000 verander na Nasionale Administratiewe Professionele Dag.

Die Golden Triangle of Commerce (GTCoC) het ‘n spesiale middagete vir die hardwerkende dames gereël by Memories in Vanderbijlpark.

Daar is lekker geëet, gelag en gekuier, met verskeie pryse wat uitgedeel is van die persoon wat die langste by dieselfde maatskappy werk tot by die mooiste skoene en handsak.

Naas die lekker eetgoed, was daar ook ‘n spesiale hoek waar Iris Khosana en haar span van Queen’s Day Spa gratis nek- en skouermasserings gedoen het.

Dit was merkwaardig om te sien hoe geboë skouers en ‘n frons, plek maak vir glimlagte soos die stres onder vlytige hande gewyk het.

Die GTCoC se sekretaresse, Sandy du Toit het die verwelkoming gedoen, terwyl Alice de Jager die bedankings behartig het.

Iris het in ‘n kort motiveringstoespraak gesê sy is nou al 10 jaar lid van die sakekamer.

“Ek het met ‘n haarsalon in die dorp begin, vandag het ek al ‘n volledige dag-spa in Vanderbijlpark en in Unitaspark. Onthou altyd waar jy vandaan kom, maar wees trots op wat jy bereik,” het sy met ‘n glimlag afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button