Local newsNewsNews

Twee nuwe brandweerwaens vir Emfuleni

Alhoewel die aankoop van die peperduur brandweerwaens verwelkom word, bestaan daar vrese dat ELM nie daarvoor sal kan betaal nie.

VANDERBIJLPARK. – Die twee brandweerwaens kos R6,2 miljoen elk. Die munisipaliteit se finansiële situasie het nege maande gelede drasties versleg toe Randwater die raad se bankrekening gevries het.

“Ons hoop die Emfuleni-munisipaliteit sal wel die fondse voortbring om vir die brandweerwaens te betaal. Ons sal die situasie noukeurig volg,” het VP Plus-raadslid Gerda Senekal gesê.

Sy glo die twee splinternuwe brandweerwaens sal die druk op buurtwagte verminder wat gedurende die wintermaande vure met mobiele watertenks moes bestry.

Emfuleni, wat Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging bedien, het verlede week ʼn bekendstelling van die twee Mercedes-brandweerwaens gehou ten tyde van ʼn amptelike seremonie onder leiding van die burgemeester, mnr. Sipho Radebe, en die burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, mnr. Ellias Mokoena.

ʼn Soortgelyke brandweerwa wat verlede jaar aangekoop is, is glo tans by die vervaardiger vir ʼn diens en word teruggehou omdat die dienskostes nog nie betaal is nie.

“Dit sal verder tragies wees as die brandweerwaens weens Randwater se beperkte waterdruk na Emfuleni nie daarin kan slaag om brande te blus nie,” het rdl. Senekal bygevoeg.

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button