Local newsNewsNews

Dís waarom bouwerk by woonstelkompleks sloer

Talle inwoners wou die afgelope paar weke weet waarom bouwerk tot stilstand gekom het.

MEYERTON. – Bouwerk by ‘n woonstelkompleks langs Pierneef-boulevard (oorkant die Midvaal Sportsentrum) staan glo al vir weke lank stil.

Vaalweekblad verneem dit is omdat pype wat aangelê is nie voldoen het aan die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se streng ingenieursstandaarde nie.

Volgens ‘n betroubare bron by die munisipaliteit was stadsingenieurs bekommerd dat die pype wat aangelê is nie voldoende was om hoë druk te hanteer nie.

Die probleem is glo intussen uitgesorteer en ‘n aansoek is ingedien.

Bouwerk sal waarskynlik binnekort weer hervat word.

Vaalweekblad het verlede jaar berig oor die nuwe ontwikkeling langs Pierneef-boulevard.

Dit sal as Uitbreiding 10 en Uitbreiding 11 bekend sal staan.

Die stuk grond bekend as Gedeelte 81 van die plaas Rietfontein 364 I.R (tussen die Midvaal Sport Sentrum en Pierneef-boulevard) is vir dié ontwikkeling geoormerk.

Die eerste fase van die ontwikkeling, wat tans onder konstruksie is, sluit glo talle dubbelverdieping en duplex woonstelle in.

Die tweede fase sal glo ‘n kommersiële ontwikkeling met ‘n winkelsentrum, motorhandelaar en ‘n supermark insluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button