Eurekaskool vier Loslitdag
Loslitdag word elke jaar gevier om fondse in te samel ten bate van persone met gestremdhede. Eurekaskool gaan elke jaar groot op die dag. Lees meer...
VEREENIGING. – Loslitdag is die een dag van die jaar wat die personeel en leerders van die Eurekaskool nie rem aandraai nie.
Dis nou al tradisie dat die personeel uit hul pad gaan om elke jaar se Loslitdagtema na die beste van hul vermoë uit te beeld.

Hierdie jaar het hul gespook om “Deel jou glimlag” uit te beeld, verskeie glimlagte uitgelok. Gerda Janssen het met die louere weggestap as die besgeklede van die dag.
Haar kleurvolle uitrusting met ‘n “baadjie” van geel en blou ballonne het beslis vir groot pret gesorg.
Behalwe die vermaak deur die personeel verskaf, is die leerders bederf met lekker warmbrakke, roomys en koeldrank. Daar is ook konsert gehou.

Na al die bedrywighede op 1 September, het van die leerders ook Saterdag, 2 September aan die Uniquely Me Special Needs Beauty Pageant 2023 in Springs deelgeneem.
Elke deelnemer het die dag ten volle geniet. Eurekaskool bedank al hul borge wat die twee dae vir die leerders so spesiaal gemaak het.
