Local newsNewsNews

Babas teen koue beskerm

Dr. Johané Potgieter-Palko en die Beanies4Babies-span sorg dat pasgebore babas nie koud kry nie.

VEREENIGING. – Lae geboortemassa-babas het beperkte kapasiteit vir termoregulering in die eerste weke van hul lewe.

Die eerste 12 uur na geboorte is dus ‘n belangrike tyd om hipotermie te voorkom wat tot die dood van babas kan lei.

Dit is waarom Johané Potgieter-Palko en Clarette Alfond destyds die Beanies4Babies-projek gestig het toe hulle nog mediese studente aan die Universiteit van die Vrystaat was.

Die doel van die nie-winsgewende organisasie is om hipotermie (kerntemperatuur minder as 36,5 ° C) by babas met ‘n lae geboortegewig (gewig minder as 2,5 kg) te voorkom

Beanies4Babies bereik dié doelwit deur pasgebore babas direk na bevallings met ‘n gebreide mussie en sokkies te voorsien.

Die babas word ook met hierdie gebreide klere uit die hospitaal ontslaan.

Volgens dr. Potgieter-Palko, wat intussen haarself as mediese dokter bekwaam het deesdae in die Vaaldriehoek bly en werk, is die projek reeds in 11 verskillende hospitale en 4 provinsies aan die bekend gestel.

Hulle lewer tussen 1 000-1 200 gebreide produkte per maand regoor Suid-Afrika, danksy ‘n span vrywilligers wat brei.

Op Dinsdag 22 Augustus 2023 het Beanies4Babies ook dié projek by die Vereeniging Kopanong Hospitaal, die tweede hospitaal in die Vaaldriehoek, van stapel gestuur.

Potgieter- Palko het ook die projek in 2022 by die Sebokeng-hospitaal van stapel gestuur.

Dr. Johané Potgieter-Palko sê babas met ‘n lae geboortegewig, veral vroeggebore babas, is geneig tot hipotermie weens die grootte van hul koppe in vergelyking met hul totale liggaamsoppervlakte, hul dun vel , asook beperkte vetstore. Foto: Verskaf

Sy sê: “Babas met ‘n lae geboortegewig, veral vroeggebore babas, is geneig tot hipotermie weens die grootte van hul koppe in vergelyking met hul totale liggaamsoppervlakte, hul dun vel , asook beperkte vetstore. Die verantwoordelikheid lê dus op ons as gesondheidswerkers en versorgers om te verhoed dat hulle koud kry. As burgers van die Vaaldriehoek weet ons hoe uiters koud ons winters kan word. Daarom verhoog die behoefte aan ‘n projek soos hierdie.”

Volgens haar maak die organisasie op vrywilligers staat om die mussies en sokkies te brei.

Ons is regtig dankbaar vir die gemeenskap van Meyerton en die ondersteuning wat hulle die afgelope jaar gebied het.

Ons het mense nodig om die produkte volgens ons patrone te brei en te hekel.

Finansiële skenkings om produkte aan te koop word altyd welkom,” sê sy.

Enigiemand wat graag betrokke wil raak en hierdie inisiatief wil ondersteun, kan ‘n e-pos aan beanies4babiesproject@ gmail.com stuur of 076 392 5658 skakel vir meer inligting.

Moho Ndlovu se baba is nou warm en snoesig danksy die mussies en sokkies wat deur Beanies4Babies veskaf is. Photo: Christiaan Cloete
‘n Pasgebore baba met ‘n mussie en sokkies aan by die Vereeniging Kopanong Hospitaal. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button