Local newsNewsNews

Bikerdag ten bate van oorlogsveterane

Verskeie organisasies vat hande om hierdie groot dag, Bikers 4 War Heroes te organiseer. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Willie en Zelda Pieterse is albei weermagkapelane wat hul toespits om na die manne wat vanaf 1966 deel was van die destydse grensoorlog, om te sien.

Willie, wat ook president van die Chirstian Motorcycle Association (CMA) Midvaal is, het twee jaar gelede begin droom om ‘n grootskaalse projek te loods om die manne (baie sukkel vandag nog emosioneel en finansieel) te help.

Dit het baie beplanning en organisasie geverg, maar op 23 September word sy droom ‘n werklikheid wanneer die Bikers 4 War Heroes by die Centurions MC se klubgronde in Vanderbijlpark plaasvind.

CMA Midvaal organiseer die spesiale dag in samewerking met die nasionale president van CMA, Dogs of War Sasolburg, Silent Soldiers en die Memorable Order Of Tin Hats (MOTHS).

Willie sê daar word motorfietsklubs van so ver as Bloemfontein, Thabazimbi en Witbank verwag.

Die dag begin met ‘n massarit wat deur die Dogs of War Sasolburg se president Heinie Venter vanaf Pick n Pay Bedworthpark georganiseer word.

Die dag se program sluit onder andere ‘n vlaghysing en ‘n kranslegging in. Weermag veteraan Stan Potgieter gaan praat oor post traumatiese stressindroom.

Die middagprogram word afgeskop met ‘n vertoning deur die Vaaldriehoek se eie Anton Myburgh en musiek deur DJ Ben.

“Enige een is welkom om die dag by te woon, dit is nie net vir motorfietsryers nie. Oud-polisielede en voormalige lede van die Suid-Afrikaanse lugmag en vloot is ook welkom,” het Willie laat weet.

Toegangsgelde beloop R60 per persoon en blikkieskos wat onder behoeftige veterane versprei sal word.

Daar sal ook verskeie stalletjies wees en ‘n geleentheid om bloed te skenk by die SANBS se tent.

“Hekke open om 07:00. Daar sal genoeg parkering wees, aangesien ons toestemming verkry het om op die nabygeleë sportvelde te parkeer,” het Willie afgesluit.

Vir meer inligting kontak Jacké Labuschagne op 073 971 9709.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button