Local newsNewsNews

LS Totius se nuwe koor ‘n treffer

Daar is lank beplan en hard geoefen, maar Laerskool Totius het nou weer 'n skoolkoor. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Dekades gelede was skoolkore by laerskole ‘n algemene verskynsel.

Maar, die lewe gebeur en êrens langs die pad het hierdie besondere tradisie by baie skole verlore geraak.

So was dit ook by Laerskool Totius. Vir meer as 20 jaar het die skool nie ‘n skoolkoor gehad nie.

Dit was totdat een van die graad 2 onder wyseresse Amanda Pretorius by skoolhoof Martin Erasmus aange klop het met die versoek om weer ‘n koor op die been te bring.

“Die gedagte was om in 2020 te begin,” vertel mnr. Erasmus, “maar die Covidpandemie het ons planne in die wiele gery. Daarna wou ons net eers weer alles normaliseer, voordat ons op hierdie jaar as die nuwe afskopda tum besluit het.”

Amanda sê hul moes eers wag vir die meeste sport om afgehandel te word, maar kon uiteindelik in Junie vanjaar hul koor saamstel en begin oefen.

Die koor van 19 bestaan uit leerders uit die grondslagfase. “Van die koorlede is net ses jaar oud en die oud stes is nege. Dit was nogal ‘n uitdaging met die harmonieë en om hul te kry om stil te staan,” lag Amanda.

Sy het die hulp ingeroep van mev. Soleil Scheepers wat die musiekbegeleiding vir die koor doen.

Daar is met mag en mening begin oefen en na ‘n proeflopie in die vorm van ‘n Kultuurdag voor hul skoolmaats en onderwysers, was die span gereed vir hul eerste amptelike optrede.

Dit was by die Vaaldriehoek Kunstefees wat 18 Augustus by River of Life in Vanderbijlpark gehou is.

Die oomb lik wou-wou te groot raak vir van die koorlede toe hul die baie mense sien, maar hulle het dapper hul trane gesluk en hul beste gegee.

Daarmee het hul ‘n A+ verdien en vier dae later is hul met ‘n A beloon by die Vereeniging Kunstefees wat by HS Drie Riviere aangebied is.

Uitstekende werk, veral as mens in ag neem dat hul slegs twee maande gehad het om te oefen.

Hul koorafrigter, musiek begeleier en die hoof is dit eens dat hierdie maar slegs die begin is.

Na dese het Laerskool Totius weer ‘n skoolkoor en hopelik sal hierdie jongelinge nog tot in hul graad 7 jaar die kern van die koor vorm.

Tydens Vaalweekblad se be soek aan die skool, was die jong span so gaaf om hul pouse op te offer om hul program, bestaande uit Christelike kinderliedjies en tradisionele Afrikaanse liedjies op te voer.

Dit het vir hoendervleis oomblikke vir hul gehoor van een gesorg. Die jongelinge het hul van die eerste noot van Daar is vissies in die water tot by die laaste noot van Die Paddaskool in die musiek ingeleef en pragtig gesing.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button