Local newsNewsNews

Parys takel slaggate ten spyte van krag- en watertekorte

Dis lekker om te sien dat baie inwoners van Parys hulle nie laat onderkry deur al die ellende wat daar is nie. Raak betrokke by die #OnsDorp-projek.

Die AfriForum-tak in Parys het die afgelope naweek, ten spyte van krag- en watertekorte, hand aan die ploeg geslaan en probeer om van dié dorp ’n nóg mooier dorp te maak.

Die tak het Mooi Parys, ’n organisasie sonder winsbejag, met hul skoonmaakprojek ondersteun en onder meer gehelp om vullis op te tel.

Verder het die Parys-tak op Saterdag, 9 September sowat 30 groot slaggate met 50 sakkies teer gevul.

Die gedeelte wat gevul is, is die pad vanaf die Welkom-kafee tot by die vraghouers – spesiaal vir die padwedloop wat eersdaags plaasvind.

Daar is ook in die pad voor die NG Kerk Parys-Wes slaggate gevul. Al hierdie harde werk is in slegs drie ure gedoen.

“Dit is lekker om saam met gewillige mense, wat graag ’n verskil in Parys wil maak, te werk. As elke inwoner in Parys, te midde van al die probleme wat ons het, net ’n positiewe ingesteldheid sal hê en iets positief doen om die dorp te verbeter, verander ons hierdie dorp weer in ’n pragdorp,” sê Schalk Burger, die AfriForum-takvoorsitter in Parys.

“Ek verseker die inwoners dat AfriForum alles in ons vermoë doen om die probleme te takel. Intussen is dit lekker om iets positief te doen en te voel dat jy ’n bydrae gelewer het om van Parys ’n beter plek te maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. Kontak vir Burger by 082 653 4281 om betrokke te raak.

Van links is: Gideon Reyneke, Schalk Burger, Theo Dunn, Paul Noome en Gawie Hugo.
Daar is hard gewerk as deel van die #OnsDorp-projek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button