Local newsNewsNews

Razzmatazz kook by kampioenskappe

Razzmatazz Dans Studio se dansers het geskitter by die onlangse Dance Revolution. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Die Revolution Danskampioenskap het van 7 – 9 September by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg plaasgevind.

Jong dansers tussen die ouderdom van 5 en 15 jaar het deelgeneem en danse van hoogstaande gehalte gelewer.

Razzmatazz Dans Studio in Van derbijlpark het in verskeie kategorieë deelgeneem, onder andere Jazz, Free Style, Hip Hop, Open en Lyrical.

Julie Kohler Hawley, eienaar en dansafrigter van Razzmatazz, sê sy is baie trots op haar dansers wat 16 goue medaljes en 22 silver medaljes verower het.

September is ‘n bedrywige maand. Daar lê nog twee kompetisies vir die Razz matazzers voor die maand, maar Julie sê haar dansers oefen hard en geniet die kompetisies baie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button