Watertrokke amper op pad
Daar is nog heelwat areas met water in die pype, maar veral in die CW-areas is daar al plekke sonder water. Kliek op die skakel vir die punte waar water voorsien sal word.
VANDERBIJLPARK – Die groot droogte het amptelik nessgeskop in Vanderbijlpark met van die CW-areas wat eerste laat weet het dat hul krane opgedroog het.
Daar is intussen met die herstelwerk aan die pype begin en daar word gehoop dat daar weer teen Woensdag water sal wees.
Die watertrokke wat die verskillende punte in Vanderbijlpark en omgewing moet bedien word tans (15 September, 11:00) nog volgemaak in Sebokeng. Hospitale, skole en klinieke sal eerste water ontvang.

Die volgende waterpunte is reeds bevestig:
• CE2, CE3, CE4: Spar, Evereststraat
• CE5: Langs die substasie, hoek van Westinghouse-boulevard en Petterstraat
• CE1, CE6, Middedorp: Munisipale Biblioteek
• CW1, CW6, Siesta: Oorkant NG Moedergemeente by oop spasie naby verkeerslig
• CW2: Shell Vulstasie, Becquerelstraat
• CW3: Killarney Hotel, Siemensstraat
• CW 4: Oreco Supermarket (SFG Giestraat)
• CW5: Stephenson Spar, Stephensonstraat
• SE1, SE7: Palms Mall
• SE3, SE4, SE6, SE8: Sasol vulstasie, Spar
• SW1, SW2, SW5, Mantevrede: Vaal Mall
• Stephanopark: Astron vulstasie
• Barrage: Barrage Hotel
• Louisrus: Winkelsentrum
• Rosashof: Rietspruit Care Works
Inwoners wat nie hul waterpunte kry nie, moet asseblief hul raadslede kontak.
Intussen het Mimo’s Sweets in Frikkie Meyer-boulevard begin om 5 liter water bottels gratis uit te deel.
Hulle sal dit Vrydag en Saterdag doen, solank voorraad hou. Hulle beoog ook om hul eie watertrok te kry waar mense sal kan kom water haal.
Dis goed om te sien dat daar besighede is wat uitreik en water voorsien.
Vaalweekblad sal ons lesers op hoogte hou soos en wanneer ons verder inligting bekom.
