Local newsNewsNews
Rou riool loop in die Leeuspruit in
Verskeie Sasolburg inwoners het reeds by die stadsraad en verskillende raadslede klagtes gelê, maar met geen terugvoer of resultate.
Mev. Ina van der Vaart is een van die talle bekommerde inwoners. Sy wend haar nou tot die media aangesien niemand van die stadsraad aandag aan die situasie gee nie.
Sy het foto’s geneem as bewys van die rou riool wat langs hul woonbuurt uitborrel en in die Leeuspruit inloop. Sy sê dit gaan reeds vir maande so.
“Die stank is onuithoudbaar en skep ‘n gesondheidsgevaar vir ons as inwoners,” sê Ina.
Die spruit loop in die Vaalrivier wat beteken dat alle inwoners langs die rivier, asook diegene wat beplan om die somer op die rivier te baljaar, ook aan die besmette water blootgestel word.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
