Local newsNews
Wie kan help om die MOTHS se verlore skild te vind?
'n Beloning van R1000 sal aangebied word aan die persoon wat dit terugbring.
VANDERBIJLPARK. – Die “Memorable Order of Tin Hats” (afgekort as MOTHs), se skild wat in die binnehof van die Moth-area by die Sylviavale Heritage Museum in Vanderbijlpark gehang het, is weg.
Lede van die organisasie vermoed dat dit Donderdag of Vrydag verwyder is.
Die skild het baie sentimentele waarde vir die lede en ‘n beloning van R1000 word aangebied aan die persoon wat dit kan terugbesorg. Geen vrae sal gevra word nie.
As iemand die skild het, (of weet waar dit is), kontak asseblief vir Johann de Beer by 082 682 8277.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
