Local newsNewsNews

Dis nou veiliger om Sasol-begraafplaas te besoek

AfriForum se Sasolburg-buurtwag het die afgelope maand ’n reuse-bydrae gemaak om veiligheid in die dorp op te skerp.

SASOLBURG. – Verskeie patrollies, meestal in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), is met sukses onderneem.

Misdaadvoorkoming in dié gemeenskap is ’n belangrike prioriteit vir dié buurtwag en daarom is leë huise, groenstroke en substasies gepatrolleer. Daar is voorts bystand verleen aan die SAPD met die ondersoek van ’n gewapende roof.

Padveiligheid is ook dié maand getakel, verduidelik Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder van die Mooirivier.

’n Padblokkade is in samewerking met die SAPD op die berugte R57-pad opgestel en 21 boetes vir verkeersoortredings is uitgereik.

Enkele arrestasies vir die besit van onwettige of gesteelde goedere – soos gesteelde koperkabels – is tydens dié operasie gemaak.

Die Sasolburg-buurtwag het intussen ook ’n weeklikse patrollie van die plaaslike begraafplaas ingestel.

“Dié patrollie, wat op ’n rotasiebasis deur die buurtwaglede onderneem word, vind elke Sondag vanaf 11:30 en 13:30 plaas en bied nou aan die publiek die geleentheid om geliefdes se grafte in vrede te besoek. Die gemeenskap waardeer hierdie gebaar en die aantal besoekers groei elke Sondag,” sê Pretorius.

“Die buurtwag maak ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap en die feit dat daar baie goeie samewerking met die plaaslike SAPD is, maak die buurtwag én die polisie se taak soveel makliker. Dit is ’n bewys daarvan dat dit wys is om met mekaar hande te vat. Die resultate is net soveel beter,” beklemtoon Pretorius.

Indien jy graag by die Sasolburg-buurtwag se projekte betrokke wil raak, kontak Johan Potgieter, leier van die Sasolburg-buurtwag, by 082 337 5983.

Lede van die Sasolburg-buurtwag tydens ’n patrollie by die begraafplaas. Van links is: Piet de Kock, Jo Fourie, Willem Grobbelaar, Morné Grobbelaar en Johan Heywood.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button