Local newsNewsNews

Bekende onderwyseres sterf skielik

Sy het vir meer as twee dekades by skole in die Vaaldriehoek klasgegee en was baie bekend in die gemeenskap.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (15 September 2023) verskyn. Kry ons koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

VEREENIGING. – Sy het die middag van haar dood by vriende in Drie Riviere gekuier en was op pad huis toe toe ’n bloedklont wat in haar liggaam gevorm het, haar lewe geneem het.

Elsje Poll Jonker, ‘n bekende en geliefde onderwyseres van die Vaal, is Dinsdag, 12 September skielik in die ouderdom van 71 jaar oorlede.

Elsje Poll Jonker (71). Foto: Verskaf

Elsje het die middag van haar ontydige dood by haar vriende, Erik en Melanie Adendorff in Orange Drive gekuier.

Erik, ‘n afgetrede tandarts, het glo kardiopulmonêre resussitasie op haar probeer toepas, maar dit was tevergeefs.

Elsje was ’n bekende oudonderwyseres in die Vaaldriehoek en het vir 43 jaar skoolgegee.

Nadat sy haar onderwysdiploma aan die destydse Goudstadse Onderwyskollege voltooi het, het sy onder meer by Selborne Primary School in Vereeniging en Park Ridge Primary in Vanderbijlpark klasgegee.

Sy het in 2017 in die ouderdom van 65 afgetree.

Elsje Poll Jonker. Foto: Verskaf

Haar “seun”, Keith Bekker, beskryf haar as “iemand vir wie dinge óf wit óf swart was.”

Hy sê: “daar was geen grys areas in die middel nie.”

Bekker sê: “By Elsje was dinge of reg of verkeerd. Sy was ‘n vroom Christen en het streng volgens haar normes en waardes geleef. Sy kon somtyds moeilik wees, maar dit was omdat sy so beginselvas was.”

Keith is die seun van Elsje se sielsgenoot, Adrie Bekker, wat onlangs in die ouderdom van 73 jaar aan leukemie oorlede is.

Sy word oorleef deur Bekker, haar “skoonseun”, Carl, en laasgenoemde se “kleinseun” Kyle.

Elsje se begrafnisdiens vind Donderdag 21 September om 13:00 vanuit die Klipkerk in Vereeniging plaas.

Elsje Poll Jonker (links) wat onlangs oorlede is, met haar seun Keith Bekker. Foto: Verskaf

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button