Goose gaan weer vlieg
Goeie nuus, dis tyd vir Goose die gevlekte ooruil om vrygelaat te word.
VANDERBIJLPARK. – Goose, die gevlekte ooruil, gaan huis toe. Die uiltjie is vir meer as ʼn maand deur dr. Kobus Kok by die Driehoek Dierehospitaal behandel nadat die uil die parasiet, trichomoniasis opgedoen het.
Dis ‘n siekte endemies aan duiwe en word dan aan die uile oorgedra. Dit veroorsaak verskriklike sere in die uile se bekke wat maak dat hul nie kan eet nie.
Die plan was om Goose vroeër die week vry te laat, maar hy het almal eers goed laat skrik toe hy skielik ophou eet het.
Daar is verwoed met behandeling begin en teen Woensdagmiddag het Dr Kok berig dat Goose goed geëet het en vrygelaat sal kan word.
Volledige berig en foto’s in Vaalweekblad van 29 September.
