Local newsNewsNews
Inwoners gevra om water te spaar
Die departement van water en sanitasie het ‘n beroep op inwoners gedoen om water te spaar omdat damvlakke besig is om weens veranderende weerpartrone te daal.
Volgens die departement staan die algehele bergingskapasiteit van die land se reservoirs op 90,7%, ‘n effense daling sedert verlede week se 91,4%.
Die departement sê Suid-Afrika is ‘n waterskaars land en daarom speel die gedrag van watergebruikers ‘n belangrik om watersekuriteit te verseker.
Rand Water het ook watergebruikers in Gauteng gevra om waterbeperkings wat in plek te volg ten einde water te bespaar.
Dit is as gevolg van die feit dat stygende temperature tot hoër waterverbruik lei.
Watervlakke in die Vaalrivier-stelsel het vanaf 93.0% tot 92.3% gedaal.
In Gauteng het watervlakke van 96.4% tot 95.9% gedaal.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
