Local newsNewsNews

Kollig op Alzheimersiekte en demensie vandag

21 September is Wêreld Alzheimersdag. Die dag word elke jaar gehou om bewustheid rondom Alzheimersiekte en demensie te skep.

Alzheimersiekte is die mees algemeenste vorm van demensie.

Daar word gereken dat tussen 60% en 70% van die gevalle van demensie aan dié neurodegeneratiewe siekte met kenmerkende kliniese en patologiese tekens toegeskryf kan word.

Alzheimersiekte kan in die vroeë stadiums moeilik wees om te onderskei van gewone kognitiewe agteruitgang in die normale brein weens veroudering.

Die deurlopende agteruitgang in geheue, vloei van spraak en ruimtelike oriëntasie lei egter tot toenemende inkorting van onafhanklikheid en vermoëns.

Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) word ongeveer 50 miljoen mense wêreldwyd deur Alzheimersiekte geraak.

Daar word gereken dat daar bykans 131 miljoen mense wêreldwyd deur die siekte geraak gaan word.

Die siekte is ‘n groot oorsaak van gestremdheid by volwassenes, en is volgens die World Alzheimersiekte-verslag as een van die langtermynsiektes wat die grootste impak op die samelewing het.

Een manier om hierdie internasionale gesondheidskwessie aan te spreek, is om ingelig te bly en kennis oor die siekte te verbreed.

Sodoende kan beter ondersteuning verleen word aan mense wat met demensie leef, hul versorgers en gesinne.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button