Local newsNewsNews

Agt ton vullis opgeruim in Phoenix-park

Phoenix-park is danksy AfriForum weer silwerskoon

AfriForum se Vanderbijlpark-tak en gemeenskapslede het die afgelope naweek ingespring om die geliefde Phoenix-park in Vanderbijlpark op te ruim. Nagenoeg agt ton vullis is opgeruim tydens dié skoonmaakaksie by een van die gewildste piekniekterreine in die Vaaldriehoek.

“Phoenix-park is ’n lieflike plek, maar daar is dikwels besoekers wat eenvoudig nie hul rommel opruim nadat hulle hier piekniek gehou het nie. Boonop doen die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit ook nie veel moeite om die park in stand te hou nie en daarom het die gemeenskap besluit om self in te spring en die park op te ruim. Nagenoeg 40 AfriForum-lede, lede van die Demokratiese Alliansie (DA) en talle ander gemeenskapslede het dié projek getakel,” verduidelik Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wesrand en Vaaldriehoek.

Die Vanderbijlpark-takbestuur bedank almal wat met dié aksie gehelp het om ’n verskil in hul omgewing te maak.

Blignault moedig ondernemings en ander instansies aan om die Vanderbijlpark-tak te kontak om ook by projekte in dié dorp betrokke te raak. “Dit is belangrik dat ons begin saamwerk om ’n verskil te maak, aangesien die plaaslike munisipaliteit op verskeie terreine nie meer hul verpligtinge ten opsigte van dienslewering kan nakom nie,” benadruk Blignaut.

Gemeenskapslede wat by hierdie aktiewe tak wil aansluit, kan ’n e-pos stuur na vanderbijlpark@afriforumtak.co.za.

AfriForum tydens ‘n skoonmaakaksie by Phoenix-park in Vanderbijlpark

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button