Buurtwag help met brandbestryding
In Sasolburg is die AfriForum Buurtwag aktief besig met misdaadbekamping - en voorkoming. Lees meer...
SASOLBURG. – AfriForum se Sasolburg-buurtwag is besig om ʼn daadwerklike verskil te maak in die dorp.
Die buurtwag, onder leiding van Johan Potgieter, werk nou saam met die Suid-Afrikaanse polisiediens en help gereeld by padblokkades en met patrollies.
Onlangs was die buurtwag deel van Operasie Shanela waar die polisie suksesvol bygestaan is en mense onder andere gearresteer is vir die oortreding van die Nasionale Padverkeerswet en die Nasionale Drankwet.
Die Sasolburg-buurtwag ook verlede naweek bystand verleen met die blus van brande wat op die Wonderfontein-pad buite die dorp ontstaan het.
Agt brande het Vrydagnag teen omstreeks middernag hier uitgebreek en die buurtwag kon uiteindelik daarin slaag om twee van dié vernietigende brande te blus.
Die Sasolburg-brandweer het die ander brande, wat oor ’n wydverspreide gebied voorgekom het, geblus.
Besoek www.afriforum.co.za vir meer inligting. Om betrokke te raak by die Sasolburg-buurtwag se projekte, kontak Potgieter by 082 337 5983.
Kyk ook uit vir ‘n volledige berig oor die buurtwag en hul werksaamhede in Vaalweekblad van 29 September.
