VANDERBIJLPARK. – ʼn Groot groep motorfietse gaan Saterdag, 23 September om 08:00 by Pick n Pay in Bedworthpark bymekaarkom.
Dit is deel van die Bikers 4 War Heroes dag wat by die Centurions MC se klubgronde in Shakespearestraat Vanderbijlpark gaan plaasvind.
Die massarit, wat deur die Dogs of War Sasolburg se president Heinie Venter gereël is, gaan afskop met ʼn gebed alvorens die groep om 09:00 na die klubgronde gaan vertrek.
Die groep motorfietse sal vanaf Pick n Pay in die rigting van Makro ry, alvorens hul op die Barragepad sal aanry tot by die Vaal Mall verkeerslig.
Daar sal hul regs sal draai in Faraday-boulevard. Daarna sal hul links draai in Shakespearestraat tot by die ou swembad in Vanderbijlpark.
Hierna sal hul by die res van die dag se verrigtinge by die klubgronde aansluit. Motoriste word gevra om op die uitkyk vir die motorfietsryers te wees.
Die dag word ter herinnering gehou van almal wat in die destydse grensoorlog oorlede is.
Almal is welkom om die dag by te woon. Kostes beloop R60 per persoon en ʼn blikkie kos.
Die parade begin stiptelik om 11:00 en sal opgevolg word met ʼn kranslegging. Om 14:00 sal sanger Anton Myburgh optree. Daar sal ook verskeie stalletjies wees en ʼn geleentheid om bloed te skenk by die SANBS se tent.
Die Chirstian Motorcycle Association (CMA) Midvaal organiseer die spesiale dag in samewerking met die nasionale president van CMA, Chris van Zyl. Dogs of War Sasolburg, Silent Soldiers en die MOTHS.
