Local newsNews

Polisiëringsforum waarsku publiek teen verdagte patrolleerders

Die Forum raai inwoners en sakeonernemings aan om waaksaam te wees en voorsorgmaatreëls te tref om hul persoonlike inligting en eiendom te beskerm

 

Die Sasolburgse Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het ‘n dringende waarskuwing aan inwoners en plaaslike sakeondernemings gerig oor ‘n kommerwekkende neiging van verdagtes wat hulle as GPF-patrolleerders in die gebied voordoen.

Volgens die Sasolburgse GPF was daar die afgelope weke aanmeldings oor verdagte individue wat valslik beweer het dat hulle GPF-patrolleerders was terwyl hulle by ongemagtigde aktiwiteite in die gemeenskap betrokke was. Die saak word ernstig opgeneem en die CPF sê doe organisasie is daartoe verbind om die veiligheid en sekuriteit van die dorp se inwoners te verseker.

Die Sasolburgse GPF gee dié raad: “As jy genader word deur iemand wat beweer dat hy ‘n GPF-patrolleerder is, raai ons jou sterk aan om hul identiteit te verifieer voordat jy toegang tot jou eiendom verleen of enige persoonlike inligting deel. GPF-patrolleerders moet altyd behoorlike identifikasie dra en bereid wees om dit op versoek te verskaf.
Indien jy enige verdagte individue of aktiwiteite wat met GPF-patrolleerders verband hou, teëkom, kontak asseblief onmiddellik jou GPF-voorsitter of die SAPD. Dit is noodsaaklik om sulke voorvalle dadelik aan te meld om die veiligheid en sekuriteit van ons gemeenskap te help handhaaf. GPF Sasolburg werk nou saam met die SAPD om hierdie kwessie aan te spreek en te verseker dat die gemeenskap veilig bly.”

Die Sasolburg GPF raai alle inwoners en besighede aan om waaksaam te wees en voorsorgmaatreëls te tref om hul persoonlike inligting en eiendom te beskerm.
“Ons waardeer inwoners se ondersteuning en samewerking om ons te help om ‘n veilige en florerende gemeenskap te handhaaf.”

Vir verdere inligting of om enige verdagte aktiwiteit aan te meld, kontak GPF-voorsitter Johann Griessel by 072 199 1814, of ondervoorsitter Frederick Hefer by 072 368 3532.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button