Local newsNewsNews

98% vir Eureka se dansers

Eurekaskool se leerders het vir maande geoefen vir die groot Eisteddfodd en hul harde werk is beloon. Lees meer...

VEREENIGING. – Eurekaskool vir leerders met erge liggaamlike en verstandelike gestremdhede se gr. R-groep het 98% by die Alberton Eisteddfodd vir hul speletjiesdans in die LSEN-afdeling behaal.

Dimpho Thoote en Twanelo Mphuti tydens die gr. R-groep se dansnommer by die spogaand.

Na maande se oefen is hierdie mylpaal voorwaar iets om op trots te wees. Die gesiggies straal behoorlik wanneer hul die prettige dans uitvoer. Twee van hulle is in rolstoele, maar hul maats is daar om hul te help.

Me. Rika Dippenaar sê die skool se leerders oefen al van Maart af aan hul verskillende items vir die kunstefees wat van 14 – 24 Augustus in Alberton plaasgevind het.

Van die juniors tot by die seniorklasse is betrek in alles van solo-sang tot by kore, voordrag en danse. Die gr. R se koordans het 93% behaal en die Gumbootdansers het ook met ‘n uitstekende 93% weggestap.

Die juniorkoor en die spreekkoor het albei 90% behaal, terwyl die outisme-eenheid se pretdans ook ‘n onderskeiding gekry het.

Keandra Potgieter, Ruben Snyman, Chahilda Kgasu en Thato Motsoatsoe het almal meer as 90% behaal vir hul solo-sangitems.

Die jongspan se individuele voordragitems het almal meer as 75% behaal. Die leerders se welslae is met ‘n spogaand by die skool gevier wat deur familie en vriende bygewoon is.

Tydens die geleentheid het die kunstefeesdeelnemers en nog so ‘n paar ander blink sterre die geleentheid gekry om hul items weer op te voer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button