Local newsNewsNews

Twee beseer toe voertuig by Rothdene rol

Een van die voertuie het amper by 'n sakeperseel in geploeg.

MEYERTON. – Die noodreaksiespan CERT SA sê twee mense is vroeg Dindagoggend in ‘n motorbotsing op die hoek van Pierneefboulevard en Viljoenstraat in Rothdene, Meyerton beseer.

Die ongeluk het oorkant die OK Foods-winkel in Rothdene gebeur.

Volgens CERT SA is noodoproep ongeveer 00:30 ontvang.

“Met aankoms het ons gevind dat een van die voertuie gerol en amper deur ‘n sakeperseel geploeg het,” sê CERT SA in ‘n mediaverklaring.

Twee pasiënte het matige beserings opgedoen.

Een van hulle is deur ER24 na ‘n hospital geneem en die ander een het mediese behandeling geweier.

Die voertuig het amper deur ‘n sakeperseel geploeg. Foto: Facebook/CERT SA
Twee mense het matige beserings in die ongeluk opgedoen. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button