Local newsNewsNews

Groot bederf vir Leeuhof se kinders in Desember

Leehof se kinders word jaarliks tydens die partytjie bederf.

VEREENIGING. – Die jaarlikse Mekayla Memorial Straatpartytjie ten bate van Leeuhof se kinders vind op 16 Desember plaas.

Die kerspartytjie wat deur die nie-winsgewende organisasie Mekayla Memorial gereël word is in 2013 deur me. Anne-Marie Slabbert van Leeuhof begin nadat haar eie dogtertjie, Mekayla, in 2010 in ‘n fratsongeluk dood is toe sy naby die Leeuhof-kafee deur ‘n vragmotor raakgery is.

Slabbert het haar eie pynlike en erg traumatiese ervaring in iets positiefs omskep deur iets vir behoeftige kinders van haar gemeenskap te beteken.

Die organisasie Mekayla Memorial is intussen geregistreer as ‘n nie-winsgewende organisasie en vanjaar sal die 10de keer wees wat die partytjie gehou word.

Meer as 500 kinders van Leeuhof word jaarliks tydens die partytjie bederf met geskenke, kos en koerdrank en ander pret.

Mense wat belangstel om bydraes en skenkings ten opsigte van vanjaar se partytjie te maak kan me. Anne-Marie Slabbert, direkteur van Mekayla Memorial, by 082 492 972 skakel of ‘n e-pos aan mekaylamemorialnpc@gmail.com stuur.

Besoek ook die organisasie se amptelike webwerf by https://mekaylamemorial.co.za vir meer inligting.

n Kind speel op ‘n glybaan tydens verlede jaar se Mekayla Memorial -kerspartytjie in Leeuhof. Foto: Christiaan Cloete
Me. Anne-Marie Slabbert van Leeuhof wat in 2013 die jaarlikse partytjie begin het. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button