Local newsNewsNews

Student sterf meer as week na breinstam beroerte

Haar breinstam is beskadig nadat sy 'n beroerte gehad het en sy was vir 'n week lank aan masjiene gekoppel.

MEYERTON. – ‘n BCom-student wat vir meer as ‘n week aan suurstofmasjiene by ‘n Bloemfonteinse hospitaal gekoppel was nadat sy ’n breinstam beroerte gehad het is oorlede.

Lerisha Visser wat in 2020 aan die Hoërskool Dr. Malan gematrikuleer het en BCom (Regte) in Bloemfontein studeer het is Woensdagaand (20 September 2023) bewusteloos in die badkamer van haar koshuiskamer by Amelia-dameskoshuis aangetref en deur vriende na die ongevalle-eenheid van die Mediclinic Bloemfontein Hospitaal gejaag.

Dokters kon haar lewe met behulp van kardiopulmonêre resussitasie en ander mediese ingrypings red, maar haar breinstam is beseer weens ‘n tekort aan suurstof en sy was sedert die voorval aan masjiene in die hospitaal se hoërsorgeenheid gekoppel.

Vrydag het die ouers laat weet dat sy oorlede is.

“My liefie kind is 29 September net na 02:00 vanoggend oorlede,” het Lerisha se ma, Monica, in ‘n boodskap op sosiale media geskryf.

Die Hoërskool Dr. Malan het in ‘n boodskap op hul Facebook-blad geskryf: “Ons Dokkiefamilie deel in die hartseer van Lerisha se ouers en familie. Sy het diep in ons almal se harte ingekruip. Liefde aan haar gesin.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button