Hap en Kap-hengelaars land mooies
Danksy die heerlike somerweer het die hengelaars die afgelope naweek baljaar onder die vis.
SASOLBURG. – Hap en Kap-hengelklub het Saterdag, 30 September sy maand kompetisie by Moolmans, Vaaldam buite Oranjeville gehou.
Die 20 deelnemende hengelaars het 138 vis, met ‘n gewig van 100,410 kg, ingeweeg vir punte.
Nog foto’s van die puik vangste in Vrydag se Vaalweekblad (6 Oktober).
Die swaarste spesies is:
Karp – Dawie Janse van Rensburg 2,985 kg
Moddervis – Marius Crous 1,115,kg
Graskarp – Danie Heydenrych 4,2 kg
Kleinbek geelvis – Hennie Greyling 0,695 kg
Baber – Wimpie Willemse 10,635 kg
Die wenners in die verskillende kategorieë is:
Junior – Lex Jordaan 4 vis 1,635 kg
Dames – Corrie Taljaad 10 vis 4,740 kg
Seniors – Kit Taljaard 19 vis 11,255kg
Veterane – Johan Pieters met 23 vis 16,440,kg
