AGS Doxa Theos vier ‘n mylpaal
MEYERTON. - Dit is nie aldag dat 'n gemeente 90 jaar oud word nie.
“Alhoewel daar ‘n kleurryke geskiedenis is in die Riversdale area, Oos van Meyerton, is dit vir ons belangrik om met geloof en sekerheid die nuwe seisoen in ons gemeente aan te pak. Ons is opgewonde oor die plan wat die Here vir ons gemeente het,” sê Pastoor Jan van der Walt.
Die gemeenskap word hartlik uitgenooi na dié verjaarsdagvieringe op Sondag 15 Oktober om 09:30 by die kerk.
Dr. Isak Burger, die voormalige President van die AGS, sal die prediker vir die dag wees. Na afloop van die diens gaan daar ‘n heerlike ete voorgesit word.
Besprekings vir die ete kan, voor 8 Oktober by Pastoor Jan gemaak word by 074 182 3031.
“Ons sien uit om die gemeenskap te verwelkom en deel te maak van hierdie mylpaal,” sê Pastoor Jan.

