Motorfietsryer dood in botsing met voertuig
Dit was maar een van die motorfietsongelukke wat die Vaal die afgelope naweek geruk het.
VANDERBIJLPARK. – ‘n Entrepreneur van die Vaaldriehoek en pa van drie is dood nadat hy laat Saterdagmiddag in ‘n botsing met ‘n motorvoertuig betrokke was.
Vaalweekblad verstaan Renier Stols, eienaar en uitvoerende hoof van Vision Pools & Spa, en vriende het Saterdagmiddag met motorfietse ‘n vriend se dogter na matriekafskeid vergesel.
Stols was glo op pad huistoe op sy motorfiets toe hy voor 18:00 in die ongeluk op die kruising van Barrageweg en Ascot on Vaal betrokke was.
Stols word oorleef deur sy vrou Leanne Stols, ‘n dogter en twee seuns.
‘n Gedenkdiens vir Stols word 11:00 Donderdag 5 Oktober by die Kompas Gemeente 90 Abrahamstraat by die Mantevrede-kleinhoewes in Vanderbijlpark gehou.



