Local newsNewsNews

AfriForum se Sasolburg-tak plant bome vir Boomplantmaand

September was Boomplantmaand.

SASOLBURG. – Die AfriForum-tak in Sasolburg het op 30 September vier wit kareebome in die Hoёveldse Tuine geplant as deel van die organisasie se jaarlikse Boomplantmaand-projek.

Dié tak het ook twee bome in die groenstrook in Vaalpark geplant.

Dit is noodsaaklik dat bome nie net lukraak geplant word nie, maar wel daar waar dit versorg kan word.

Die tak in Sasolburg het al ontsettend baie werk in die Hoёveldse Tuine gedoen en die eens onversorgde park so opgeknap dat dit nou weer ’n lushof is waar gesinne kan gaan stap en piekniek hou.

Die tak hou ook elke laaste Saterdag van die maand ’n heerlike mark met oulike stalletjies en lekker musiek in die Hoёveldse Tuine.

“Dit is lekker dat die tak hierdie pragtuin weer in glorie herstel het en nog bome daar geplant het. Baie harde werk is in daardie tuin gedoen. Ek hoop nou dat die munisipaliteit ook hulle plig sal doen en sal help om die park in stand te hou,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Indien jy graag by die projekte van AfriForum se Sasolburg-tak betrokke wil raak, kontak vir Marjoné Cooks by 061 925 1804.

Wernher du Plessis en Pottie Potgieter plant bome vir Boomplantmaand. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button