Local newsNewsNews

Ta-ra-ra Boemdery almal het die bal probeer ry

MIDVAAL. - Danksy Wêreldbeker-rugby is daar elke naweek Bok-pret en ondersteuners by plaaslike kuierplekke. Onlangs was daar baie pret by Biekiebos.

Dit was daai Saterdag wat die Bokke die aand teen die Iere te staan gekom het.

By Biekiebos net buite Risiville, het die vermaak sommer al vroegdag begin.

Terwyl die grootmense rustig gekuier het en so ‘n lafenissie geniet het, het die kinders hul bes probeer om die meganiese bul (wat nou ‘n meganiese bal is) probeer tem.

Daar was natuurlik ook ‘n paar grootmense wat hul talent probeer wys het, maar die meganiese bal kon nie getem word nie.

Maar as daar ‘n trofee moes uitgedeel word vir die beste “ruiter” van die dag, dan sou die langbeen blondekop Kaleigh van der Watt (14) van Meyerton, beslis die toekenning ontvang het.

In Vrydag se Vaalweekblad (6 tot 12 Oktober) spog ons weer met plaaslike Bok-ondersteuners.

Martin van der Merwe van Meyerton wys hoe moet ‘n “rugbybal” gery word. Hy was een van die top ruiters van die dag. Foto’s: Elsje Vermeulen
Hoewel Kayleigh van der Watt van Meyerton lyk of die bal haar hier gaan afgooi, het sy die beslis die beste vertoning gelewer gedurende die middag.
Arian van Wijk van Risiville wys sy slag op die megasiese bal.
Seth Jordaan van Risiville klou vir al wat hy kan.
Seth word eindelaas deur die meganiese bal afgeskud.
Alex Chon van Henley-on-Klip word ook deur die bal afgeskud.
Pa Heinrich Cohn help Lienke (5) op die bal.
Another one bite’s the dust! Die 18-jarige D vd Watt word afgegooi.
“Af is jy!” Lohan Briedenhann van Meyerton word ook afgeskud.
Jayden Motseoa (8) van Sebokeng wys sy slag op die bal.
Die beste manier om die bal te ry was om plat te lê en te klou vir al wat jy werd is.
Bontle Moloi ry die bal soos ‘n ervare “rodeo rider”, al was dit net vir ‘n paar sekondes.
Die afgkomslag het gesorg vir groot vermaak vir die kinders.
Amy-Lee Steffen van Vereeniging skaterlag van plesier op die meganiese bal.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button