Local newsNewsNews

NG Collage se Reënboogfees

Net die ding vir 'n Saterdagoggend met baie om te eet en te doen.

VANDERBIJLPARK. – Lus vir ʼn boereontbyt? Of dalk ʼn gebraaide sosatie? Saterdag, 7 Oktober hou die NG Collage (ou Vanderbijlpark NG Noord gemeente) ʼn Reënboogfees vanaf 08:00 tot 14:00.

Vir meer inligting skakel die nommer op die foto.

Daar sal allerlei tradisionele disse en lekkernye te koop aangebied word, van basaar poeding tot by pap en wors en natuurlik pannekoek.

Die dag beloof om ʼn pretdag vir die hele gesin te wees. Van die aktiwiteite sluit in ʼn gevulde kruiwa lootjie kompetisie, skyfskiet, veerpyltjies en ʼn springkasteel vir die kleingoed.

Adres: Hoek van Siemens en Hertz-boulevard, Vanderbijlpark.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button