Local newsNewsNews

Nuwe begin vir Kai

Hulle het uiteindelik blyplek vir Kai gekry.

VEREENIGING. – ‘n Hawelose man van Drie Riviere wie se been vroeër vanjaar geamputeer moes word nadat hy erge gangreen ontwikkel het is Vrydag (6 Oktober 2023), na drie maande in die Vereeniging Kopanong Hospitaal ontslaan en na ‘n versorgingshuis in Parys geneem.

Stephanus Frederick “Kai” Zeelie (55) wat naby die Sam Gross Jetty langs die Vaalrivier in Drie Riviere gewoon en vir jare op die hoek by KFC gestaan het, het vroeër vanjaar beserings aan sy bene opgedoen toe sy slaapsak glo aan die brand geraak en hy ook brandwonde opgedoen het.

Stephanus Frederick Zeelie (55). Foto: Verskaf

Hy het na die voorval by die Vereeniging Kopanong-hospitaal om hulp gaan aanklop, maar omdat hy sy identiteitsdokument verloor het en nie by Sassa geregistreer was nie, kon die hospitaalpersoneel glo nie veel vir hom doen nie en hy is blykbaar huistoe gestuur met ‘n paar pynpille.

Later het sy wonde versleg en hy het ernstige gangreen in sy been ontwikkel.

In Julie het Kai amper by die dood omgedraai.

Stephanus Frederick Zeelie (55) se voet. Foto: Verskaf

Dalene Venter, raadslid vir Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, het haar oor Kai ontferm en mediese behandeling vir hom gereël.

Sy been moes ongelukkig geamputeer word.

Volgens sy suster Marie Annandale is hy nou ook verlam aan sy regterkant en kan hy slegs sy linkerhand gebruik.

Kai sterk sedertdien in die hospitaal aan.

Venter het hom ook bygestaan met ‘n aansoek vir ‘n identiteitsdokument en Sassa-registrasie.

Daar is lank gesukkel om blyplek vir hom te kry, maar uiteindelik kan hy nou geakkomodeer word in ‘n versorgingshuis in Parys.

Kai is Vrydagoggend na die Sassa-kantoor geneem en daarna na sy nuwe blyplek.

Stephanus Frederick “Kai” Zeelie (55) groet vir Dalene Venter wat gehelp het om behandeling vir hom te kry. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button