Local newsNewsNews
Spesiale vroue/manne dag by Ruach Gemeente Tuine
'n Oggend wat 'n verskil in elke huwelik kan maak. Klik op die skakel en lees meer...
VANDERBIJLPARK. – Dames en getroude paartjies word genooi om Saterdag, 7 Oktober ‘n spesiale oggend by die Ruach Gemeente Tuine in Louisrus by te woon.
Pastoor Andrew Croucamp gaan gesels oor die skeppingsrol van die die man en vrou, veral in die huwelik. Pastoor Zelda Pieterse (CMA Midvaal) gaan praat oor hoe kosbaar ‘n vrou is.
Die gaskunstenaar vir die oggend is ‘n plaaslike kunstenaar, Teresea Watkins. Die verrigtinge begin om 08:30 en kostes beloop R100 vir dames of R150 per paar. Die prys sluit middagete in.
Besprekings is noodsaaklik. Kontak vir Pastoor René Wilken by 082 410 1669 om te bespreek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
