Local newsNews

Groot hartseer nadat Vlooi saam met bakkie gesteel is

Kontak asseblief 073 543 3434 as iemand dalk die hondjie gesien het of enige inligting oor haar het

 

Die werksbakkie van ‘n senior burger is in Augustus vanjaar voor Jeugland Ouetehuis in Vanderbijlpark gesteel terwyl hy net vinnig by die tehuis ingegaan het. Hoewel dit ‘n groot verlies was om sy bakkie te verloor, was dit vir hom die ergste dat sy hondjie Vlooi saam met die bakkie gesteel is. Vlooi, ‘n Jack Russeltjie, is na ses weke steeds weg en haar eienaar se hart is gebreek. ‘n Familielid vertel meer daaroor in dié brief:

Elmarie Visser van Vanderbijlpark skryf:
Ek vat vandag ‘n baie groot kans, maar ons hoop vir ‘n bietjie goeie nuus…
My oom se hondjie, Vlooi, was vir 11 jaar deel van hulle lewens. Sy was daagliks sy skaduwee, het saam met hom gaan werk en hom opgepas asof haar lewe daarvan afhang.
Op 20 Augustus vanjaar is sy werksbakkie voor Jeugland Aftreeoord in SW1, Vanderbijlpark, gesteel… met Vlooi daarin. Ons kan nie sê in watter rigting die diewe is nie en ons weet ook nie of sy nog oukei is nie. Soos enige van ons, is my oom-hulle siek van bekommernis.
Hulle het die strate platgery, die DBV’s en veeartse gebel, maar Vlooi is weg. Tot vandag toe soek ons nog na haar met die hoop dat sy terug kan kom na hulle toe.
Sy is al ‘n ou meisie en soek net die huis wat vir so lank al bekend was aan haar. Sy is wreed van hulle af weggevat!
Asseblief, as enigiemand miskien iets weet, miskien iets gesien het, miskien van iets gehoor het, ons sal dit so baie waardeer.
Kontak my, Elmarie, asseblief by 073 543 3434 as iemand enige nuus oor die hondjie het.

Die vermiste hondjie, Vlooi

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button