Local newsNewsNews

Riool loop in strate af

Dit is ‘n tameletjie.

VEREENIGING. – Riool stroom glo al vir dae lank in Poplarstraat in Drie Riviere af, maar die munisipaliteit het blykbaar nie geld om pype reg te maak nie.

Volgens Dalene Venter, raadslid vir Drie Riviere, gaan inwoners in dié gebied al vir meer as twee maande gebuk onder knaende verstoppings.

Die probleem is blykbaar op die spits gedryf toe ‘n rioolpyp ineengestort het.

Dit het veroorsaak dat ‘n groot hoeveelheid riool met strate af loop en in stormdreine beland waar dit na riviere in dié gebied afgevoer word.

Volgens Venter betaal die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit nie hul kontrakteurs nie en daar is ook nie geld is om die rioolinfrastruktuur te herstel of te verbeter nie.

“Die stadsraad het nie geld om ‘n nuwe pyp te lê nie en gevolglik moet inwoners nou maar verstik in hierdie gemors,” sê sy.

Dieselfde probleem word ook elders in die buurt ervaar.

Om dinge erger te maak vertel Venter dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit volgens hul nuutse geïntegreerde ontwikkelingsplan nie begroot het om enige geld aan die opgradering van rioolinfrastruktuur te bestee nie.

Venter meen die situasie is onregverdig teenoor belastingbetalers.

Poplarstraat is toe onder riool. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button