Arms vol bekers vir slimkoppe
Veels geluk aan Vaalpark Primêr se vasvrakampioene. Lees meer...
VAALPARK. – Vier van Vaalpark Primêr se leerders het onlangs skoonskip gemaak by ‘n provinsiale vasvrakompetisie in sosiale wetenskappe, of dan geografie en geskiedenis.
Die kompetisie is reeds in 2022 geloods en het op plaaslike vlak begin. Irishu Moodley (graad 4), Dryden Knoetze (graad 5), Garreth Julius (graad 6) en Jomari Matthews (graad 7) het van meet af koning gekraai.
Eers het hul die kompetisie in Sasolburg gewen en daarna die Fezile Dabe distrikskompetisie. Vroeg in September het die groot oomblik aangebreek.
Die span, onder leiding van mnr. Janco Hamman, het na Bloemfontein vertrek vir die provinsiale kompetisie.
Hier was dit darem nie net werk nie. Die leerders het die geleentheid gehad om onder meer die dieremuseum en die Vrouemonument te besoek.
Mooi geluister het hul wel, want enige vrae oor die twee besienswaardighede tydens die kompetisie het hul met gemak geantwoord.
Die leerders het hul drie dae en twee nagte in Bloemfontein baie geniet en het elkeen sertifikate,
