Local newsNewsNews

Man sterf tydens parkrun

Dit is die tweede parkrunner wat by die Riviera on Vaal parkrun in Vereeniging sterf.

VEREENIGING. – ‘n Parkrunner is Saterdagoggend tragies by die Riviera on Vaal parkrun in Vereeniging oorlede nadat hy glo naby aan die eindpunt inmekaargesak het.

Desmond Richardson Snr. (61) het glo net voor die bruggie op die Riviera on Vaal-gholfbaan in mekaargesak nadat hy reeds ongeveer 4.7km afgelê het.

Vaalweekblad verstaan kardiopulmonêre resussitasie is op hom toegepas, maar dit was tevergeefs.

Die presiese oorsaak van sy dood is onbekend, maar daar word vemoed dat hy ‘n hartaanval gehad het.

‘n Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Richardson, ‘n voormalige spoorwegwerker, het vir ongeveer 22 jaar ‘n hondekoswinkel bedryf.

Riviera on Vaal parkrun het op hul amptelike Facebook-blad geskryf: “Dit is met ‘n hartseer en swaar hart wat ons vanoggend totsiens moes sê aan ‘n lid van ons parkrun-familie, Desmond Richardson. Ons innige meegevoel met die familie en vriende van Oom Desmond.”

Gill Fordyce, parkrun SA se hoof uitvoerende beampte, het by navraag gesê dat prosedures gevolg word om te bepaal wat gebeur het en dat parkrun uit respek vir die familie in hierdie hartseer tyd nie kommentaar gaan lewer nie.

Dit is die tweede atleet wat by Riviera on Vaal parkrun sterf. Nico Bekker, ‘n 55-jarige onderwyser van Vereeniging Gimnasium is in Januarie 2020 dood toe hy ook tydens die parkrun inmekaargesak het.

*Die volledige berig verskyn Vaalweekblad van Vrydag 13 Oktober 2023.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button