Local newsNewsNews
Skippie Bothastraat versper oor onwettige rommelstorting
Mense word aangeraai om liewer die pad te vermy.
VEREENIGING. – Inwoners het Maandagoggend (9 Oktober 2023) Skippie Bothastraat in Sonlandpark met brandende rommel te versper.
Dit word glo gedoen in ‘n poging om die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te dwing om teen onwettige storting by die oordragstasie te vermy.
Volgens Elize Aucamp, raadslid van Wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, volg dit na maande van onsuksesvolle vergaderings tussen inwoners van Sonlandpark en die burgemeesterskomiteelid vir omgewingsbestuur en beplanning, Jonas Radebe, oor onwettige rommelstorting.
*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad sal die berig opdateer sodra ons meer inligting het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
