Local newsNews

Wat is fout met die Vaal se visse?

Stuur asseblief jul fotos van siek of beseerde visse na André Pietersen by 0799710728

Vaalweekblad het die onderstaande inligting en foto’s oor siek visse in die Vaalrivier vroeër die week van ‘n besorgde leser, Juanita Dekkers, ontvang en op die koerant se Facebook-groep geplaas. Juanita se plasing het ‘n pos-reikwydte van meer as 52 000 behaal, wat toon dat dit ‘n baie kommerwekkende saak vir ons lesers en omgewingsbesorgdes is.

Juanita Dekkers het geskryf:
Wat gaan aan in die Vaalrivier, veral in die Deneysville-gebied? Die visse, verskeie spesies, is baie, baie siek. Die bloed syfer deur hul skubbe en vinne. Waar kan ons dit rapporteer? Ons hengelaars is baie bekommerd. Ons vermoed hier is groot fout in die ekostelsel. Ek wil net daarop wys dat al die visse weer vrygelaat is.

Dit is nie die eerste keer dat Vaalrivier- en Vaaldamhengelaars Vaalweekblad oor dié situasie ingelig het nie. Verskeie mense het ons die afgelope tyd met soortgelyke waarnemings gekontak en ons het ook reeds berigte in die koerant daaroor gedoen. Ons het Juanita se foto’s ook onder die omgewingsdrukgroep Save the Vaal Environment (SAVE) se aandag gebring.

Na aanleiding van Juanita se waarneming, skryf nog ‘n besorgde leser, André Pietersen:  Ek wil asseblief ‘n beroep doen op alle hengelaars wat sulke siek visse vang om foto’s te neem en vir my aan te stuur. Ek het kontak gemaak met dr. Mariska Laubscher by die Universiteit van Kaapstad en die foto’s vir haar gewys. Dr. Laubscher en ons Staatsveearts, dr. Guguletho, gaan nou die saak ondersoek.
Hulle het egter almal se hulp nodig om inligting te bekom in terme van presies waar en wanneer daar sulke siek visse gevang word. Help my asseblief om hulle te help. Stuur asseblief jul fotos vir my na 079 971 0728.

Vaalweekblad glo ons plaaslike hengelaars en omgewingsbesorgdes sal graag wil meehelp om antwoorde te kry oor die kommerwekkende situasie. Stuur asseblief julle foto’s vir André as julle op visse met sulke wonde afkom. Vaalweekblad sal kontak behou met hom en die kundiges wat dit ondersoek, en  behoorlik terugvoer gee sodra daar antwoorde is.

‘n Voorbeeld van die siek visse wat in die Vaalrivier gevang is.
‘n Voorbeeld van die siek visse wat in die Vaalrivier gevang is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button