Buurtwagte, vrywilligers patroleer regdeur nag
“Shanela” beteken “om skoon te vee”.
MEYERTON. – Lede van AfriForum se Midvaal-tak het Vrydagaand (13 Oktober 2023) aan Operasie Shanela deelgeneem.
Operasie Shanela is multidissiplinêre operasie regoor Suid-Afrika wat daaop gemik is om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te voorkom en te bekamp.
Dié nasionale operasie sluit onder meer padblokkades, voertuigkontrolepune, deursoeking, hoë sigbaarheidspatrollies en opsporing van verdagtes in.

Altesaam 168 buurtwagte en duisende vrywilligers het regdeur die aand in hul verskeie areas patrolleer.
AfriForum se Midvaal tak was ook weer op pos.
Die patrolleerders was in verskeie dele van Meyerton bedrywig en het honderde kilometers gery.
Sigbaarheidspatrollies soos dié skrik nie net die boewe af nie, maar skep ook ‘n mate van gemoedsrus by die publiek aangesien die gemeenskap kan weet dat daar iemand is wat na hulle kyk.
Sluit hier by AfriForum se WhatsApp-groep aan en besoek hul Facebook-blad hier.
Jy kan ook AfriForum se Midvaal-buurtwag by 072 771 9081 skakel om aan te sluit.

