Local newsNewsNews

Valies presteer by Talent Africa

Talent Africa se nasionale kompetisie het gesorg vir top klas vermaak en ons Valies het behoorlik geskitter. Lees meer...

SASOLBURG. – Na ‘n week waar oor die 3 000 deelnemers hul talente op die verhoog by die Etienne Rousseau Teater ten toon gestel het, het die finale prysuitdeling van Talent Africa se nasionale kompetisie 8 Oktober plaasgevind.

Talentvol en baie kunstig. Kaley Seitz wys hoe soepel sy is. Foto’s: Elsje Vermeulen

Verskeie van die Vaaldriehoek se dans- en modelskole, asook individuele deelnemers het op die verhoog geskitter.

Xanthe le Roux van Vereeniging het aan haar 13de Talent Africa finaal deelgeneem in 13 items. In die ouderdomsgroep 18 – 24 het sy onder andere platinum verower vir Face of Talent Africa en fotogeniese gesigfoto.

In die instrumentale afdeling het die jong tromspeler die kollig gesteel.

In die drama afdeling het sy drie goue medaljes gekry, asook goud vir haar eisteddfod voorbereide lees en ‘n verdere sewe goue medaljes vir modelwerk.

Dan was Xanthe ook gekroon as die beste senior in dramategniek en was sy onder die top 10 senior akteurs. Die kersie op die koek was haar Senior Tripple Threat toekenning.

Die jong deelnemers het vir asemrowende oomblikke gesorg.

Nog ‘n Valie wat geskitter het, is Waldo Potgieter, (14) wat 13 medaljes (1 diamant, 6 platinum en 6 goud) ontvang het. Hy is ook gekroon as die junior National Face of Talent Africa.

Kara Mouton van DanCeWorx van Sasolburg in aksie in die dansvertoning “Jive”.

Francois Jenkins (17) se musikale talente het hom ses goue medaljes besorg en hy het onder die top 10 vir instrumentaal en vokaal geëindig.

Dan het hy ook spesiale toekennings ontvang as mees belowendste in instrumentaal en as beste vermaaklikheidster vokaal.

In die vokale afdeling was daar ook geen tekort aan talent nie.

Hoërskool Vaalpark se Chamei van Heerden het twee silwer en een goue medalje opgeraap vir haar solo, duet en groepoptredes. Sy het ook gekwalifiseer om internasionaal te gaan deelneem.

Die jong pianis wag geduldig vir sy beurt.

Leona’s Dance Studio in Sasolburg se dansers het hul goed van hul taak gekwyt in verskeie dansitems en is met twee brons, 32 silwer, 19 goud en een platinum medalje gekroon.

Almal het gekwalifiseer om deel te wees van die SA span om aan Stars of the Universers, Virtual deel te neem in Desember.

Spaanse danser Alexandra Picone.

Terwyl Marli Beckmann, Milandri Fourie, Ireze Fourie, Sune du Rand, Chamei van Heerden, Caroli Lombard, Mardeli Kriel, Caro van Schalkwyk en Daniel Lombard gekwalifiseer het om deel te wees van die span wat aan die Mediterranean Legends International Art Festival in Spanje gaan deelneem in 2024.

Een van die modern dansvertonings.

Tussen die junior en senior prysuitdelings is daar ook ‘n Talent Africa gala-vertoning aangebied waarin verskeie Valies hul talente vertoon het.

Een van die items wat die meeste aandag getrek het was die The DanCeWorX Jive wat uit vrolike tapdansers van die DanCeWorX studio in Sasolburg bestaan het.

Hip Hop het baie gewild geword, selfs onder die skoner geslag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button