Local newsNewsNews

Die Kontrak 3 – Mirandi is in top 6

Ons hou duimvas Mirandi, die top 5 wink!

VEREENIGING. – Die Vaal se enigste finalis in Die Kontrak 3 (e.TV) het haar plek in die top 6 Sondagaand met ʼn hoendervleis weergawe van Merle Haggard se Some where between your heart and mine verseker.

Dit volg nadat niemand die vorige week huis toe gestuur is nie. Mirandi se aanhang op sosiale media word by die dag groter en dis duidelik dat sy diep in die harte van haar bewonderaars gekruip het.

Annelie Schmidt het op Facebook gesê: “Baie dankie Mirandi, dit was n fantastiese vertoning, eerste keer in jare wat ek die song weer hoor … jy het so baie mooi gedoen en jou eie gemaak … jy is ‘n gemaakte ster … ons weet jy gaan wen.”

Terwyl Natasha Esterhuizen dit mooi opgesom het met: “Jy sing regtig baie mooi. Jy het die gawe gekry om gehoor te word!”

Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Karlien Husselman het laat weet: “Dit was top klas!!! Hoendervleis perfek! Mooi gelyk ook!!! JESUS het jou hier uitgelig in jou oomblik dat mense Hom voel in jou stem. Pragtig! Keep going!!!”

Volg gerus Die Kontrak 3 op e.TV elke Sondagaand om 18:00 en gaan like en deel Mirandi se video’s wat op Tiktok, Instagram (@mirandimorsner) en op die Facebookblad Die Kontrak beskikbaar is na elke week se episode.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button