Local newsNewsNews

Matrieks van Driehoek in gru-ongeluk

HS Driehoek se matrieks se blye laaste dag, het in 'n oogwink tot een van skok en hartseer verander.

VANDERBIJLPARK. – Twee matriekleerlinge van die HS Driehoek is ernstig beseer in ‘n motorongeluk in Rossini-blvd, 20 Oktober.

Die ongeluk het om en by 11:00 plaasgevind. Vaal Emergency Care was gou op die  toneel waarna die brandweer ontbied is om die bestuurder uit die motor te bevry.

Die eerste leerling is na die hospitaal geneem waar hy onder andere vir ʼn gebreekte arm en kopwond behandel word.

Die bestuurder is op die toneel gestabiliseer en met ʼn helikopter na Alberton vervoer.

Geskokte matriekleerlinge het oral rondgestaan. Hul skoolklere vol vrolike boodskappe geskryf van maters wat mekaar sterkte toewens vir die toekoms.

Vandag was hul laaste skooldag. Hul het die dag afgeskop met ʼn erediens en die klok-seremonie.

Waar die klok nog vroeër vandag vrolik die einde van hul skoolloopbaan aangekondig het, het die sirenes van die ambulans ʼn hartseer storie vertel.

Vaalweekblad bid albei seuns voorspoed en sterkte toe en dra ook hul families en gesinne in ons gebede op.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button